Arthur Grumiaux
Baron Arthur Grumiaux (21 Maart 1921 – 16 Oktober 1986) was 'n Belgiese violis.
Arthur Grumiaux | |
---|---|
Arthur Grumiaux in 1965 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Arthur Grumiaux |
Gebore | Villers-Perwin, België | 21 Maart 1921
Sterf | 16 Oktober 1986 (op 65) Brussel, België |
Beroep(e) | Violis |
Vroeë lewe
wysigGrumiaux is op 21 Maart 1921 gebore in die Belgiese dorpie Villers-Perwin,[1] Grumiaux was slegs drie jaar oud toe sy oupa hom begin aanmoedig het om die studie van musiek op te neem. Hy het op 6-jarige ouderdom ingeskryf aan die Konservatorium in Charleroi; terwyl die normale ouderdom vir intrede 11 was. Hy het tot 11-jarige ouderdom die viool en klavier gestudeer, waarna hy gegradueer het en aanbeweeg het na die Koninklike Konservatorium in Brussel om die viool te studeer.[2]
Loopbaan
wysigDaar is bespiegel dat hy sy debuut in Brussel op 14-jarige ouderdom gemaak het,[2] of in 1935,[1] alhoewel daar oor die algemeen aanvaar word dat hy sy buiging in 1940 gemaak het.[3][4][5] Laasgenoemde opvoering het in België plaasgevind saam met die Brusselse Filharmoniese Orkes, en Grumiaux het Mendelssohn se Concerto gespeel.[4]
As gevolg van die Duitse inval van België het hy eers weer in die openbaar gespeel na die bevryding van Europa in 1945, saam met die ENSA (die Geallieerde militêre vermaaklikheidorganisasie),[6][7] in sy Londense buiging daardie jaar.[3][4]
In 1949 is hy aangestel as professor van viool aan die Brusselse Konservatorium, waar hy vantevore studeer het.[3][8] Sy debuut in die Verenigde State was in Boston in 1951, en die volgende jaar het hy deur die VSA getoer.[6][9]
In 1973 is hy op grond van sy dienste aan musiek deur die koning van België tot die adelstand verhef, met die titel van baron.[8]
Afsterwe
wysigHy het in 1986 op die ouderdom van 65 in Brussel aan 'n Beroerte beswyk.[1]
Opnames
wysigGrumiaux het 'n lang en vrugbare verhouding met die Philips Plate-etiket gehad (meer as 20 jaar). Opnames op die plate-etiket sluit werke deur Händel, Bach, Vivaldi, Michael Haydn, Schubert, Mendelssohn, Bruch, Tsjaikofski, Wieniawski en Johan Svendsen in.[10][11]
Grumiaux se opname van die Gavotte en rondeaux uit Bach se Partita no. 3 vir solo viool is ingesluit op die Voyager Goue Plaat, wat aan boord van Voyager 1 en Voyager 2 geplaas is toe hulle in 1977 gelanseer is as voorbeeld van kultuur op Aarde.[12]
Sy instrumente
wysigHy het 'n Guarneri (die "Rose", gemaak deur Giuseppe Guarneri in 1744)[13] en 'n Stradivarius, die "General Dupont", wat in 1727 gemaak is, besit.[14]
Vioolkompetisie
wysigDie Internasionale Grumiaux-kompetisie vir Jong Violiste word jaarliks gehou en vind plaas by die Koninklike Konservatorium van Brussel in België.[15][16]
Dit is die eerste keer in 2008 gehou onder die naam Bravo.[17] In 2015 is die kompetisie na Arthur Grumiaux hernoem.[18] Dit staan tans bekend as die Concours International Grumiaux pour Jeunes Violonistes (Internasionale Grumiaux-kompetisie vir Jong Violiste).[19]
Verdere leesstof
wysig- Arthur Grumiaux on Violin Channel
- 2018 finalists on Violin Channel
- 2018 prizes of Grumiaux Competition on Violin Channel
- Article and video on Canal C
- Un prestigieux concours international pour jeunes violonistes a lieu à Namur on RTBF website, Sonia Boulanger
- Grumiaux competition on lavenir.net
- Artikel in Turkye
- Grumiaux competition on crescendo-magazine.be
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 State, Paul F. (2015). Historical Dictionary of Brussels. Rowman & Littlefield. p. 190.
- ↑ 2,0 2,1 Campbell, Margaret (2011). "34 The Musician's Musician". The Great Violinists. Faber & Faber. p. 167.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 "Arthur Grumiaux, Baron". Encyclopædia Britannica (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2020.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 Burgess, Patricia; Turner, Roland (1989). The Annual Obituary. St. James Press. p. 580.
- ↑ Roth, Henry (1997). Violin Virtuosos: From Paganini to the 21st Century. California Classic Books. p. 203.
- ↑ 6,0 6,1 Campbell, Margaret (2011). "34 The Musician's Musician". The Great Violinists. Faber & Faber. p. 168.
- ↑ Lloyd, Stephen (2014). Constant Lambert: Beyond the Rio Grande. Boydell Press. p. 332.
- ↑ 8,0 8,1 "Legendary Violinists: Arthur Grumiaux". www.thirteen.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2020.
- ↑ "Arthur Grumiaux: The Boston Recordings". Parnassus Classical CDs and Records (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2019. Besoek op 29 April 2019.
- ↑ "ARTHUR GRUMIAUX: PHILIPS RECORDINGS 1955-1978". Classics Today.
- ↑ "Arthur Grumiaux - Philips Recordings 1955-1977" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2020.
- ↑ "Golden Record: Music From Earth". JPL (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2017.
- ↑ "The Art of Arthur Grumiaux". Audiophile Audition (in Engels). 26 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020.
- ↑ "Frank Peter Zimmermann receives 'General Dupont', 'Grumiaux' Stradivarius on long-term loan". The Strad. 20 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2016. Besoek op 29 April 2019.
- ↑ "Revivez le concert des lauréats du Concours Grumiaux 2016". RTBF (in Frans). 1 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020.
- ↑ "Un prestigieux concours international pour jeunes violonistes a lieu à Namur". RTBF (in Frans). 10 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020.
- ↑ "8ème CONCOURS INTERNATIONAL "Arthur Grumiaux"". Institut Supérieur de Musique et de Pédagogie (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2019.
- ↑ "Concours pour violonistes". lavenir.net (in Frans). 23 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2020.
- ↑ "Contact". Best of Violin (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019. Besoek op 29 April 2019.
Eksterne skakels
wysig- The way they played: Arthur Grumiaux Geargiveer 21 Maart 2016 op Wayback Machine, The Strad
- Bach se Chaconne op film: Arthur Grumiaux Geargiveer 21 Maart 2016 op Wayback Machine, The Strad
- Competition site, Arthur Grumiaux Viool-kompetisie