Asma al-Assad
Asma Fawaz al-Assad (née Akhras; gebore op 11 Augustus 1975) is die Eerste dame van Sirië. Sy is gebore in Londen, maar haar ouers is Siriërs. Sy is getroud met die Siriese president, Basjar al-Assad.[1][2]
Asma al-Assad | |
Assad in 2003 | |
Eerste dame van Sirië
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 13 Desember 2000 | |
President | Basjar al-Assad |
---|---|
Voorafgegaan deur | Anisa Makhlouf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 11 Augustus 1975 Londen, Engeland |
Nasionaliteit | |
Kind(ers) |
|
Alma mater | King's College London (BSc) |
Assad het in 1996 gegradueer aan King's College London, met 'n BA-graad in rekenaarwetenskap en Franse letterkunde. Sy was 'n beleggingsbankier, en sou 'n aanvang neem met haar studies vir 'n MBA aan Harvard-universiteit, toe sy in Desember 2000 getroud is met Bashar al-Assad. Na haar troue het sy haar pos as beleggingsbankier bedank en na Sirië verhuis, waar haar drie kinders gebore is. As Eerste dame het sy 'n belangrike rol gespeel in die implementering van staatsprogramme wat toegespits is op maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling as deel van 'n hervormingsinisiatief, wat opgeskort is weens die uitbreek van die Siriese burgeroorlog.[3]
Sy word saam met haar man beskou as een van die belangrikste ekonomiese dryfvere in Sirië, en beheer aansienlike dele van Siriese sakesektore soos die bankwese, telekommunikasie, die eiendomsmark, en die maritieme industrie.[4]
Verwysings
wysig- ↑ "Assad's British wife targeted by EU as Annan pursues talks on ceasefire". The Scotsman. 24 Maart 2012. Besoek op 25 April 2021.
- ↑ Ramdani, Nabila (10 Mei 2011). "Is Asma Assad in London?". The Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2011. Besoek op 25 April 2021.
- ↑ Ruiz de Elvira, L.; Zintl, T. (2014). "The end of the Ba'athist social contract in Bashar al-Assad's Syria: reading sociopolitical transformations through charities and broader benevolent activism". International Journal of Middle East Studies. 46 (2): 329–349. doi:10.1017/S0020743814000130. S2CID 146585947.
- ↑ "Changes to Syria's Business Elite Concentrates Wealth in Hands of Presidential Couple". The Syria Report. 15 November 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2022.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Asma al-Assad. |
Wikiquote het aanhalings in verband met Asma al-Assad |
- Curry, Ann (9 Mei 2007). "Syria's First Lady wants to make a difference". NBC Nightly News.
- Driscoll, Margarette (7 Desember 2008). "The London girl with a plan to save Syria". The Times.
- Ormiston, Susan (20 Februarie 2012). "Mysterious Mrs. Assad". The National (CBC).
Eretitels | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Anisa Makhlouf |
Eerste dame van Sirië 2000–tans |
Dienend |