Aspalathus acanthoclada

Plantspesie

Aspalathus acanthoclada is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Worcester tot by Villiersdorp voor waar dit deel van die fynbos is. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 448 km². Die spesie het reeds 60% van sy habitat verloor aan die aanlê van wingerde, die konstruksie van die Brandvleidam en ontwikkeling by Worcester. Die plant word bedreig deur ontwikkeling in die Breederiviervallei.

Aspalathus acanthoclada
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
A. acanthoclada
Binomiale naam
Aspalathus acanthoclada
R.Dahlgren, (1963)

Bronne

wysig