Attakwaskloofpas

Die Attakwaskloofpas is die eerste bergpas oor die Outeniekwaberge. Die pas is alreeds in 1689 deur Isaq Schrijver besoek en beskryf. Dit het hom vier dae geneem om die berg oor te steek. Die pas is vir 'n verdere 180 jaar gebruik en is nooit verbeter nie. Toe die Montagupas voltooi is het die pas in onbruik verval. Die Robinsonpas is net 6 km oos van die pas. Die pas is as 'n nasionale monument verklaar. Die jaarlikse Attakwas-maraton en bergfiets-wedren vind hier plaas. [1]

'n Uitsig van die pas af
Kaart van die area

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Passes & Poorts. Getaway. Marion Whitehead. 2010. ISBN 978-1-77009-805-3

33°50′33.1″S 21°58′59.4″E / 33.842528°S 21.983167°O / -33.842528; 21.983167