Axel-Heiberg-eiland
Axel-Heiberg-eiland (Engels: Axel Heiberg Island), die wêreld se 32ste grootste eiland en die sewende grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 43 178 km². Axel-Heiberg-eiland behoort tot die Koningin-Elizabeth-eilande, 'n subgroep van die Kanadese Arktiese Argipel, met Ellesmere-eiland in die ooste. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Die eiland is onbewoon en genoem na Axel Heiberg, 'n Noorse diplomaat, finansier en beskermheer van die eerste ekspedisie tot dié eiland.
Axel-Heiberg-eiland Inheemse naam: Axel Heiberg Island | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Axel-Heiberg-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 79°26′N 90°46′W / 79.433°N 90.767°W |
Argipel | Koningin-Elizabeth-eilande (Kanadese Arktiese Argipel)
|
Oppervlakte | 43 178 vk km |
Hoogste punt | Outlook Peak 2 210 m |
Administrasie | |
Kanada | |
Gebied | Nunavut
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die wêreld se 32ste grootste eiland en die sewende grootste eiland van Kanada |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Axel-Heiberg-eiland.
- (en) "Axel Heiberg Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.