Koningin-Elizabeth-eilande
Die Koningin-Elizabeth-eilande (Engels: Queen Elizabeth Islands; Frans: Îles de la Reine-Élisabeth) is die noordelikste eilandgroep van die Kanadese Arktiese Argipel. Dit is in die Arktiese Oseaan noordwes van Groenland geleë. Die Koningin-Elizabeth-eilande beslaan 'n oppervlakte van 419 061 km² en maak deel uit van die twee Kanadese gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. In teenstelling met sy groot oppervlakte is dit min bevolk; net Ellesmere-eiland beskik oor 'n klein bevolking, van die ander eilande is onbewoon. Die Koningin-Elizabeth-eilande word in die suide deur die Lancaster-sund en die Viscount-Melville-sund van die ander eilande van die Kanadese Arktiese Argipel geskei en is in 1953 na koningin Elizabeth II genoem, toe sy ook monarg van Kanada geword het.
Koningin-Elizabeth-eilande Inheemse naam: Queen Elizabeth Islands / Îles de la Reine-Élisabeth | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Koningin-Elizabeth-eilande | |
Geografie
| |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 78°05′N 95°10′W / 78.083°N 95.167°W |
Argipel | Kanadese Arktiese Argipel |
Totale eilande | 2 126 |
Hoofeilande | Ellesmere-eiland, Devon-eiland, Axel-Heiberg-eiland, Melville-eiland, Bathurst-eiland en Prins Patrickeiland |
Oppervlakte | 419 061 vk km |
Hoogste punt | Barbeau Peak 2 616 |
Administrasie | |
Kanada | |
Gebiede | Nunavut Noordwestelike gebiede
|
Grootste stad | Resolute (229)
|
Demografie | |
Bevolking | 400
|
Bevolkingsgroepe | Inuïete |
Die Koningin-Elizabeth-eilande grens in die noordweste aan die Arktiese Oseaan en in die ooste aan Groenland. Hulle bevat sowat 14% van die wêreldwye gletsers en met ys bedekte gebied (sonder die yslae van Groenland en Antarktika).[1] Vervolgens word die gebied sterk deur aardverwarming geraak.
Hoofeilande
wysigNaam | Ligging* | Oppervlakte | Oppervlakte rang | Bevolking (2001) | |
---|---|---|---|---|---|
Wêreld | Kanada | ||||
Ellesmere-eiland | NU | 196 235 km² | 10 | 3 | 168 |
Devon-eiland | NU | 55 247 km² | 27 | 6 | 0 |
Axel-Heiberg-eiland | NU | 43 178 km² | 32 | 7 | 0 |
Melville-eiland | NT, NU | 42 149 km² | 33 | 8 | 0 |
Bathurst-eiland | NU | 16 042 km² | 54 | 13 | 0 |
Prins Patrickeiland | NT | 15 848 km² | 55 | 14 | 0 |
Ellef-Ringnes-eiland | NU | 11 295 km² | 68 | 16 | 0 |
* NT = Noordwestelike gebiede, NU = Nunavut
Verwysings
wysig- ↑ (en) Sharp, Martin; Burgess, David O.; Cogley, J. Graham; Ecclestone, Miles; Labine, Claude; Wolken, Gabriel J. (9 Junie 2011). "Extreme melt on Canada's Arctic ice caps in the 21st century" (PDF). Geophysical Research Letters. 38 (11): n/a. Bibcode:2011GeoRL..3811501S. doi:10.1029/2011GL047381. Besoek op 20 Februarie 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koningin-Elizabeth-eilande.
- (en) "Queen Elizabeth Islands". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Queen Elizabeth Islands". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.