BMW N47
BMW N47 is 'n inlynviersilinder-gemenedrukbuisdieselenjin met baie verbeterings teenoor sy voorganger, die M47. In 2014 is dit vervang deur die B47.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | Maart 2007–Sep 2014 |
Konfigurasie | Inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat |
|
Drukverhouding | 16.1:1–16.5:1 |
Stelsels | |
Brandstoftipe | Diesel |
Turboaanjaer | Tweelingturbo |
Brandstofstelsel | Gemenedrukbuis- brandstofinspuiting |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 70–152 kW (94–204 hp) |
Wringkrag | 235-450 Nm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW M47 |
Opvolger | BMW B47 |
Die N47-enjin het in Maart 2007 in die opgekikkerde 1-reeks BMW E87 en E81 afgeskop en was beskikbaar in die 1-reeks BMW E82 en E88, wat later in dieselfde jaar bekendgestel is.
Die enjin was ook vanaf September 2007 in die 5-reeks BMW E60 en E61 beskikbaar, ten spyte daarvan het die ouer M47 nog beskikbaar gebly.