Babiana lobata
plantspesie
Babiana lobata is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en is deel van die struikveld. Dit kom in die Sentraleberge in die Richtersveld voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 1 031 km² en daar is vyf subpopulasies wat bedreig word deur oorbeweiding en vertrapping deur vee. Erosie is ook 'n bedreiging op die berghellings.
Babiana lobata | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | B. lobata
|
Binomiale naam | |
Babiana lobata G.J.Lewis, (1959)
|