Babiana regia
Plantspesie
Babiana regia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Agter-Paarl tot by Stellenbosch in die fynbos en renosterveld voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is ses, klein gefragmenteerde subpopulasies. Die totale populasie is kleiner as 1 000 plante.
Babiana regia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | B. regia
|
Binomiale naam | |
Babiana regia (G.J.Lewis) Goldblatt & J.C.Manning, (2004)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant het 95% van sy habitat afgestaan aan hoofsaaklik gewasverbouing. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur onder andere ontwikkeling, gebrek aan 'n brandprogram, indringerplante, oorbeweiding, eutrofikasie en die ontginning van sand.