Babiana rubrocyanea
plantspesie
Die rooibloubobbejaantjie (Babiana rubrocyanea) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort en deel is van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Darling voor. Die plant het tans 'n voorkomsgebied van 120 km² nadat 80% van sy habitat verlore gegaan het aan gewasverbouing. Die bedreiging bestaan steeds en indringerplante en oorbeweiding is ook 'n bedreiging.
Rooibloubobbejaantjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | B. rubrocyanea
|
Binomiale naam | |
Babiana rubrocyanea (Jacq.) Ker Gawl., (1804)
| |
Sinonieme | |
|
Die plantjie lyk amper soos Geissorhiza radians en Geissorhiza eurystigma en word ook soms verkeerdelik kelkiewyn genoem.