Baffin-eiland
(Aangestuur vanaf Baffineiland)
Baffin-eiland (Engels: Baffin Island, Inuktitut: ᕿᑭᖅᑖᓗᒃ, Qikiqtaaluk), die wêreld se vyfde grootste eiland, na Groenland, Nieu-Guinee, Borneo en Madagaskar, beslaan 'n oppervlakte van 507 451 km². Dit is die grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Baffin-eiland grens in die noorde aan die Baffinbaai, in die suide aan die Hudsonbaai en in die ooste aan die Labradorsee. Net noord lê Bylot-eiland en net wes Prins-Charles-eiland. Iqaluit, die hoofstad van die gebied, is in die suidooste van die eiland geleë. Baffin-eiland is genoem na die Britse ontdekker William Baffin.
Baffin-eiland Inheemse naam: Baffin Island ᕿᑭᖅᑖᓗᒃ, Qikiqtaaluk | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Baffin-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 69°N 72°W / 69°N 72°W |
Argipel | Kanadese Arktiese Argipel
|
Oppervlakte | 507 451 vk km |
Hoogste punt | Berg Odin 2 147 m |
Administrasie | |
Kanada | |
Gebied | Nunavut
|
Hoofstad | Iqaluit |
Grootste stad | Iqaluit (6 184)
|
Demografie | |
Bevolking | 10 745
|
Bevolkingsgroepe | Inuïete (72,7%) |
Die wêreld se vyfde grootste eiland en die grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Baffin-eiland.
- (en) "Baffin Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
- (en) "Baffin Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.