Bariumkarbonaat
Bariumkarbonaat is 'n sout van barium en koolsuur met die formule BaCO3.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Bariumkarbonaat |
IUSTC-naam | Bariumkarbonaat |
Chemiese formule | BaCO3 |
Molêre massa | 197,34 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 513-77-9[1] |
Voorkoms | Swaar, wit vastestof[1] |
Reuk | Reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Fase | T <800 °C |
Selkonstantes | a=531,3pm b=889.6pm c=642,8pm[2] |
Ruimtegroep | Pmcn (Pnma) [2][3] |
Nommer | 62 |
Strukturbericht | G0₂ |
Fase | 800 °C<T <970 °C |
Selkonstantes | a=520,5pm; c=1055pm[4] |
Ruimtegroep | R3m |
Nommer | 167 |
Fase | T >970 °C |
Selkonstantes | 696pm[4] |
Ruimtegroep | Fm3m ? |
Nommer | 225 |
Smeltpunt | 1380 °C (ontbind)[1] |
Kookpunt | geen (ontbind)[1] |
Digtheid | 4,275 g/cm3[1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar in water (14 mg/L @20 °C; oplosbaar in meeste sure, behalwe swaelsuur[1] |
Ksp | 5,1 10-9[5] |
Brekingsindeks | 1,529; 1,676; 1,677[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar[1] |
LD50 | 418 [mg/kg] (rot; oraal) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit kom in die natuur as die mineraal witheriet voor. Dit word gebruik in rottegif, bakstene, keramiekglasure en sement.[1]
Kristalstruktuur
wysigBariumkarbonaat kristalliseer in die ortorombiese aragoniet-struktuur. (G02 in die strukturbericht-klassifikasie).[3] Bariumkarbonaat het twee hoëtemperatuurmodifikasies. Teen 800 °C gaan dit oor in 'n romboëdriese kalsietstruktuur (G01). Die oorgangsentalpie is 18,79 [kJ/mol]. Teen 970 °C word die struktuur kubies (ΔH= 30,54 [kJ/mol]). Hierdie kubiese fase het dalk die RbNO3-I-struktuur. Die posisies van die karbonaatione vertoon wanorde.[4]
Chemiese eienskappe
wysigBariumkarbonaat kan as neerslag verkry word deur aan 'n oplossing van natriumkarbonaat (soda) 'n oplossing van bariumchloried by te voeg:[6]
Dit is 'n basis wat gebruik kan word om uit oplossings van chloriede van Al3+, Cr3+ of Fe3+ hidroksiede neer te slaan:[6]
Produksie
wysigBariumkarbonaat is 'n belangrike industriële materiaal. Die konvensionele metode van BaCO3-bereiding is gebaseer op hoë-temperatuur reduksie van bariet (natuurlike bariumsulfaat) met steenkool, wat 'n groot hoeveelheid CO2 vrystel. Onlangse navorsing bied 'n skoner metode vir BaCO3-produksie met metaan as die reduseermiddel, wat die CO2-emissie aansienlik verminder (tot 75%). [7]
Medies
wysigIn teenstelling tot die sulfaat is bariumkarbonaat toksies omdat dit in die maagsuur oplos. Toe bariumkarbonaat verkeerdelik as 'n X-straal-kontrasmedium gebruik is, het ses pasiënte 133 gm elk (ongeveer 1900 mg/kg) oorleef, maar nog een is ná slegs 53 gm dood. Die skrywer het vroeëre verslae aangehaal wat aandui dat so min as 4 gm (ongeveer 57 mg/kg) dodelik was.[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 "Barium Carbonate (compound)". PubChem NIH.
- ↑ 2,0 2,1 "witherite". mindat 4299.
- ↑ 3,0 3,1 "Aragonite". Aflow.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 Strømme, K. O. (1975). "On the Crystal Structures of the High-temperature Forms of Strontium and Barium Carbonate and Structurally Related Compounds". Acta Chemica Scandinavica: 105–110. doi:10.3891/acta.chem.scand.29a-0105.
- ↑ "Solubility Product Constants near 25 °C". University of Rhode Island.
- ↑ 6,0 6,1 R.N. de Haas (1903). Scheikundige oefeningen. Wolter.
- ↑ E. Jamshidi, H. Ale Ebrahim (2008). "A new clean process for barium carbonate preparation by barite reduction with methane". Chemical Engineering and Processing: Process Intensification. 47 (9–10): 1567–1577. doi:10.1016/j.cep.2007.07.006.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)