Bariumtitanaat
Bariumtitanaat kan beskou word as 'n gemengde oksied van barium en titaan, maar ook as 'n sout van die basis bariumhidroksied Ba(OH)2 en die hipotetiese titaansuur H3TiO3
Algemeen | |
---|---|
Naam | Bariumtitanaat |
IUSTC-naam | Bariumtitanaat(IV) |
Chemiese formule | BaTiO3 |
Molêre massa | 233,19 g/mol[1] |
CAS-nommer | 12047-27-7[1] |
Voorkoms | Wit tot liggroen vaste stof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 401 pm [2] |
Ruimtegroep | Pm3m |
Nommer | 221 |
Strukturbericht | E2₁ |
Smeltpunt | 1650 °C[3] |
Kookpunt | |
Digtheid | 6,08 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar in water; opl. in sure |
Hardheid | 5 (Mohs) [3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Die stof is oplosbaar in heelparty sure, soos swawelsuur, soutsuur en waterstoffluoried. In water en alkali is dit onoplosbaar.[3]
Die stof is 'n diamagnetiese halfgeleier met 'n indirekte bandgaping van 1,67 eV [2] In suiwere vorm is dit amper isolerend. Die stof se geleidingsvermoë kan deur dotering met elemente uit groep 3, soos Sc, Y, Nd, Sm ens. vergroot word. Eenkristalle vertoon 'n negatiewe temperatuurkoëffisiënt van die elektriese weerstand, soos die meeste halfgeleiers.[3]
Die stof is para-elektries bo 393K en het die kubiese perovskietstruktuur met bariumione in die kuboktaëders. (Strukturbericht-klassifikasie E2₁
Ferro-elektriese eienskappe
wysigVan 278K tot 393 is dit effens vervorm in 'n tetragonale struktuur wat ferro-elektries is. Die katione skuif in die een rigting, die anione in die teenoorgestelde rigting. Onder 278K word dit ortorombies en onder 183K romboëdries. Hierdie vervormings gaan saam met klein verskuiwings van die atome. [4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "MSDS". Sigma-Aldrich. Besoek op 22 Julie 2023.
- ↑ 2,0 2,1 "Materials Explorer". Materials Project.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 "Barium Titanate (BaTiO3) - Properties and Applications". AZO materials. 2004. Besoek op 22 Julie 2023.
- ↑ "Structures of the ferroelectric phases of barium titanate". J. Phys. Chem. 97 (10): 2368–2377. 1993. doi:10.1021/j100112a043.