Bastertambotie
Die Bastertambotie (Cleistanthus schlechteri) ook bekend as valstambotie is 'n boom inheems aan Suid-Afrika. Dit kom in Suid-Afrika slegs voor in die Nwambiya-sandveld suid van Pafuri tot by die Mosambiekgrens van die Krugerwildtuin, maar word ook in Oos-Afrika tot in Kenia aangetref.[1] Dit behoort tot die familie Phyllanthaceae.
Bastertambotie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Phyllanthaceae |
Genus: | Cleistanthus |
Spesie: | C. schlechteri
|
Binomiale naam | |
Cleistanthus schlechteri (Pax) Hutch., (1915)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 320.[2]
Beskrywing
wysig- Boom
Dit is 'n klein (6 m) bladwisselende boom met 'n enkele of spruitende hoofstam, taamlik regop met 'n minimaal verspreide kroon. Die boom het heelwat takke en kleiner takkies. Die stam is 'n vaal-geelgrys en die bas kraak in klein, min-of-meer reghoekige blokkies.
- Blare
Eenvoudig, gedra op baie kort, knoestige, laterale takkies. Blare baie klein, ovaal tot eierrond, glad, kaal, donkergroen en blink aan die bokant.
- Blomme
Blomme word deur albei geslagte gedra op aparte bome in klein trosse, geelgroen tot liggroen; (Oktober/November).
- Vrugte
Kapsules van 1,0 x 0,8 cm, kaal en blink; bruin tot donkerbruin wanneer dit ryp is (Januarie/Februarie).
Galery
wysigSien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Cleistanthus schlechteri. |
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online
Verwysings
wysig- ↑ "Flora of Zimbabwe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2016.
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 126. ISBN 978-1-77007-759-1.