Beihai
Beihai (Chinees: 北海), ook bekend as Pakhoi, is 'n stad in die Chinese outonome gebied Guangxi met 'n bevolking van 1 539 300 in 2010. Die stad is in die suidooste van China, aan die kus van die Suid-Chinese See, wes van Hongkong en Macau geleë. Dit is 'n belangrike hawe vir die suidooste van China.
Beihai 北海 | |
---|---|
Stad | |
Die Silwerstrand in Beihai. | |
Koördinate: 21°28′00″N 109°06′00″O / 21.46667°N 109.10000°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Outonome gebied | Guangxi |
Oppervlak | |
• Stad | 3 337 km2 (1 288 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 1 539 300 |
• Digtheid | 460/km2 (1 200/vk. myl) |
• Stedelik | 405 600 |
• Metro | 572 000 |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Poskode | 536000 |
Skakelkodes | 0779 |
Webwerf | beihai.gov.cn |
Vir die jare tussen 2006 en 2020 is Beihai beskou as die vinnigste groeiende stad ter wêreld.[1]