Bergenaars
Die Bergenaars, ook bekend as Hartenaars, was 'n bende Griekwas wat tussen 1820 en 1829 die bevolking van die hedendaagse Suid-Afrika geteister het.
Bergenaars | |
---|---|
Totale bevolking: | Onbekend |
Belangrike bevolkings in: | Griekwaland-Wes, Suid-Afrika |
Taal: | Nederlands, Afrikaans |
Geloofsoortuiging: | N.v.t. |
Verwante etniese groepe: | Griekwas |
Opkoms
wysigDie Bergenaars was 'n splintergroep van die Griekwas van Griekwastad wat in ongeveer 1820 afgestig het. Die waarskynlikste rede hiervoor is dat hulle in opstand teen die outoritêre nuwe kaptein, Andries Waterboer, en sy afhanklikheid aan die Londense Sendinggenootskap gekom het. Hulle vestig hulself saam met 'n aantal Boesmans (San) by die Hartrivier om later die berge by Basoetoland (Lesotho) in te trek.
Terreur
wysigDie Bergenaars het geplunder en karavaantrekke, dorpies en reisende handelaars oorval. Hulle het ook Sesotho- en Tswanasprekende gemeenskappe binnegeval om vee en slawe aan blanke grensboere te verkoop. Hiervoor het hulle van perde en gewere gebruik gemaak.
In 1824 word die situasie in Griekwaland-Wes vyandiger en begin Andries Waterboer 'n verrassingsaanval teen die Bergenaars se kamp by Fauresmith, waartydens hy al 5 000 van die Bergenaars se koeie verower. Hierop val die Bergenaars Griekwastad aan, sonder sukses. Die Kaapkolonie skenk jaarliks ammunisie aan Waterboer om die Bergenaars in toom te hou. In 1827 stel Waterboer ses Bergenaar-leiers tereg, waarna die Bergenaars met meer as 'n duisend man Griekwastad beleër. Vanweë interne konflikte tussen die Bergenaars misluk die offensief egter.
Teen die einde van die dekade was die Bergenaars nie meer 'n bepalende faktor in Griekwaland-Wes gewees nie.
Literatuur
wysig- Zandberg, Jeroen G., 2005: Rehoboth Griqua Atlas. ISBN 90-808768-2-8.
- Rosenberg, Scott; Weisfelder, Richard F., 2013: Historical Dictionary of Lesotho. ISBN 978-0-8108-6795-6
Sien ook
wysig- Bergenaarspadpas, 'n bergpas noord van Witsand in die Kalahari.