Bernardino Luini
Bernardino Luini (ongeveer 1480/82-1532) was 'n Noord-Italiaanse skilder wat onder Leonardo da Vinci geleer het. Volgens oorlewering het beide Luini en Giovanni Antonio Boltraffio in direkte samewerking met Leonardo gewerk. As gevolg hiervan beweer sommiges dat van die werke wat aan Leonardo toegeskryf word, deur Luini geskep is. Leonardo se invloed is veral opvallend in Luini se Sint Anna en Sint Katrien
Bernardino Luini | |
---|---|
Gebore | 1480/82 Dumenza, Italië |
Sterf | 1532 Milaan, Italië |
Nasionaliteit | Italiaans |
Veld | Skildery |
Opleiding | Leonardo da Vinci |
Beweging | Renaissance |
Luini was veral bekend vir sy grasieuse vroulike figure. Sy vroegste bekendste werk is Maria met die Kind en twee heiliges wat uit 1507 dateer.