Bernau im Schwarzwald
Bernau im Schwarzwald is 'n nedersetting en ski- en ontspanningsoord in die administratiewe distrik Waldshut van die Duitse deelstaat Baden-Württemberg.
Ligging in Baden-Württemberg | Wapen |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Baden-Württemberg |
Distrik | Waldshut (WT) |
Koördinate | 47°48′N 8°2′E / 47.800°N 8.033°O |
Stigting (eerste verwysing) | 1173 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 38,04 vk km |
Hoogte bo seevlak | 855-1 415 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2010) | 1 898 |
- Bevolkingsdigtheid | 50/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde bergklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 5,5°C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -2,5 / 13,9°C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslag | 1 918 mm |
Burgemeester | Rolf Schmidt |
Amptelike Webwerf | Bernau |
Geografie
wysigBernau is in 'n hooggeleë vallei van die Suidelike Swartwoud, suid van die bergpiek Feldberg en wes van die meer Schluchsee, geleë. Die dorpsgebied behels die vallei van die Bernauer Alb, 'n klein bronrivier van die Alb, en strek van 'n hoogte van 855 m in sy laagste deel tot 1 415 m bo seevlak by die bergpiek Herzogenhorn.
Geskiedenis
wysigDie eerste menslike nedersettings - monniksplase - in die huidige dorpsgebied is in die laat 11de eeu deur lekebroeders van die klooster St. Blasien aangelê. Die eerste verwysing na Bernau dateer uit die jaar 1173 toe 'n kapel in die dorpsbuurt Hof ingewy is. Met die sekularisasie van St. Blasien in 1806 het die heerskappy van dié klooster tot 'n einde gekom. Bernau, wat oorspronklik 'n besitting van Voor-Oostenryk was, is in dieselfde jaar by die nuutgestigte Groothertogdom Baden ingelyf.
In 1934 is vier voorheen selfstandige nedersettings in die Bernau-vallei saamgesmelt om die nuwe munisipaliteit Bernau te vorm. Die amptelike naam is ter onderskeiding van ander gelyknamige nedersettings op 1 Januarie 1999 gewysig tot Bernau im Schwarzwald.
Kuns en tradisies
wysigBernau het veral bekendheid verwerf as die geboortedorp van die bekende Duitse skilder Hans Thoma (1839-1924) verwerf. Plaaslike tradisies sluit onder meer houtkuns in, en hout het naas landbou ook tradisioneel die basis van die plaaslike ekonomie gevorm. Bernau se Hinterwälder Vieh is die kleinste beesras in Europa.