Bespreking:Elektriese generator

Jongste opmerking: 1 maand gelede deur Oesjaar in onderwerp Versmelting

Versmelting

wysig

@Oesjaar wat is die verskil tussen Elektriese generator en Kragopwekker ? - Rooiratel (kontak) 08:49, 25 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Vra die taalkundiges. Op ons vlak, 'n kragopwekker (wat 'n generator bevat) is iets wat ons gebruik met petrol terwyl generators aangedryf kan word deur 'n klomp brandstowwe. Ek volg nou die Eskom Woordeboek streng in die lig van die Wikiwoordeboek projek waarmee ek tans aan die onderhandel is. Ek sal hopenlik op ons verjaarsdag funksie meer hieroor kan sê. Groete! Oesjaar (kontak) 08:56, 25 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Dan vra ek jou, waar pas Ontwikkelaar in... Groete!
Die engelse wiki maak nie 'n onderskeiding tussen 'n klein petrol kragopwekker en b.v. 'n groot kern/stoom kragopwekker nie. En ek stem saam. Maak nie saak wat mens gebruik nie, stoom (via kool, of kern hitte), water (hidrokrag), wind, diesel, petrol. Groot of klein, hulle draai almal 'n motor/turbine om elektrisiteit te genereer. Dus dink ek ons moet die twee versmelt. M.b.t. Ontwikkelaar dink ek ons moet dit ook versmelt. - Rooiratel (kontak) 11:34, 25 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
@Luthja:, as 'n selferkende woordeboekmaker, ek hoor graag wat jou mening is oor kragopwekkers vs. elektriese generator! Miskien die spreekwoordelike storm in 'n teekoppie, maar dit is belangrik dat ons sulke kwessies bespreek. Groete! Oesjaar (kontak) 06:57, 29 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Volgens die WAT is 'n ontwikkelaar:
2 a Enigeen van verskeie toestelle, masjiene, e.d. wat 'n elektriese stroom op enigeen van verskillende wyses ontwikkel (ONTWIKKEL I 7), bv. om 'n masjien aan te dryf: 'n Akkumulator is die elektriese bron van waar die elektriese stroom voorsien word en wat weer gelaai word deur 'n ontwikkelaar wat aangedryf word deur die enjin (Moore – Marais: Motorvoertuig, s.j., 6).  Die ... rivier is die leivoor waarmee die water deur die ... blaaie van die groot elektriese ontwikkelaars na ... nege groot (opgaar)damme gevoer word (S.P. Naudé: Waters, 1949, 115).
Vgl. OPWEKKER 2.
Ek vermoed dis 'n algemene term, nie verkeerd nie, maar dalk bietjie verouderd en ongebruiklik. Ek kan nie met sekerheid sê nie. Voor en vir uitsprake oor tegniese dinge raadpleeg woordeboekmakers vakkundiges en vakpublikasies.. Luthja (kontak) 04:06, 1 November 2024 (UTC)Beantwoord
Uit die WAT se
krag’opwekker s.nw. Opwekker, ontwikkelaar, verwekker van veral elektriese krag, bv. 'n dinamo of generator; sin.  kragontwikkelaar; kragverwekker(ongewoon), soms sin. met opwekker
lei ek af dat dat kragopwekker die sambreelterm is, maar weer. Verder weet ek self niks hiervan nie :) Luthja (kontak) 04:11, 1 November 2024 (UTC)Beantwoord
@Luthja:, dankie vir jou insae. In private kommunikasie met dr. Mariëtta Alberts het sy ook Kragopwekker ondersteun. Groete! Oesjaar (kontak) 05:51, 1 November 2024 (UTC)Beantwoord
Terug na "Elektriese generator"-bladsy.