Hallo Luthja, hartlik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Message in English Bericht in het Nederlands
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 498 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.


Vertaling en bronne.

wysig

Baie dankie vir jou werk hier. Jy kan ongelukkig nie net sê dat die artikel uit bv. Nederlands vertaal is nie, jy moet die bronne van die Nederlandse artikel ook oorbring. Probeer dit asb, ons sal jou help indien daar probleme is. Groete! Oesjaar (kontak) 15:22, 19 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

N.S. Bronne (ook verwysings genoem) is die gedeeltes tussen die <ref></ref> hakies. Jy kan dit direk so uit die Nederlandse artikel "lek en plak"   Aliwal2012 15:26, 19 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Welkom hier by ons!

wysig

Noudat ek weet wie jy is, 'n persoonlike verwelkoming van my kant! Ons kan doen met jou ervaring en kennis! Soos ek altyd sê, die klomp tegnokrate wat hier betrokke is kan somme maak maar nie spel nie. Groete! Oesjaar (kontak) 08:09, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Dankie. Verwag maar min vir eers :-) Luthja (kontak) 08:24, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Het jy 'n geboortedatum of glo jy nog die storie van kraamvoël? Ek wil net jou artikel opdateer. Groete! Oesjaar (kontak) 08:50, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Nee, daarsonder kom ek goed klaar. Os, jas: Is daar êrens 'n lys van verskillende hakiekodes. Ek gaan kyk nou by ander artikels af. Maar is daar 'n soort gevorderde handleiding, soos mens kry vir html? Ek wou nou, byvoorbeeld, 'n lynbreek afdwing, maar <br> werk nie hier nie. Of so lyk dit. Bring nou te veel tyd hier deur. Werk wag! (Maar dis lekker.) Luthja (kontak) 09:00, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
@Rooiratel:, kan jy dalk vir Jana help? Groete. Oesjaar (kontak) 09:06, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Waar wil jy die lynbreek plaas? Groete! Oesjaar (kontak) 09:07, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Jy kan ook jou selnommer vir my epos na deon@masterevent.co.za dan sal dat ek Gebruiker:Woordgenoot jou skakel en help. Sy lei tans al die skoolkinders op wat deelneem aan die skolekompetisie. Groete! Oesjaar (kontak) 09:10, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Hier is vir jou 'n stukkie statistiek wat jy interessant mag vind, ons maandelikse besoeke: Maandelikse besoeke Groete! Oesjaar (kontak) 09:13, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Hallo almal, en welkom hier by ons @Luthja. Ek is nie seker oor watter artikel ons praat nie, en waar die lynbreuk moet wees nie. Maar vir nou stel ek voor dat jy net twee keur "Enter" druk. Sien of dit werk.
M.b.t. al die "kodes" wat mens kan gebruik op Wikipedia: Die bronteks van 'n artikel kan wel HTML gebruik. As jy <br> wil gebruik moet jy dit ook "toe" maak, of sluit. Mens doen dit so: <br/>.
Maak Wikipedia gebruik eerder sy eie "markup taal" met die naam van Wikitext. Jy kan meer lees oor Wikitext hier : https://www.mediawiki.org/wiki/Help:Wikitext_examples en hier : en:Help:Wikitext.
Om die lynbreuk met wikiteks te doen, stel ek weer voor dat jy net twee keer "Enter" druk in jou teks. - Rooiratel (kontak) 09:32, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Aha. Dis die Wikitext waarna ek op soek was. Dankie. Luthja (kontak) 10:12, 21 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Glas

wysig

Dankie vir jou hulp met glas. Dit is een van ons ouer artikels, geskep in 2006. Hier is maar net weer 'n bewys hoe ons die taalkundiges se kennis nodig het! Onthou, die tab (regs bo en is dit die regte woord?) Wys Geskiedenis is in wese 'n logboek van alle aktiwiteite op daardie spesifieke artikel. Daar is dus 'n logboeke van alle aktiwiteite vir alle artikels! Groete! Oesjaar (kontak) 09:12, 22 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord