Bespreking:Selakant

Jongste opmerking: 2 maande gelede deur BurgertB in onderwerp Uitspraak

Dit lyk goed - die foto en inligting kas! Dankie manne! Oesjaar

Klaar! Ek het dit lank laas so geniet om 'n artikel aanmekaar te sit! Oesjaar.

Uitspraak

wysig

Wonder of selakant as "SEE-li-kant" uitgespreek word, want in Afrikaans skryf ons soos ons praat. Die klem op die eerste lettergreep laat my ook dink dis Engels. JMK (kontak) 19:13, 18 September 2024 (UTC)Beantwoord

Ek het dit uitgehaal. "SEE-li-kant" kort self 'n uitspraakverduideliking. Dit lyk vir my in elk geval na WP:Geen oorspronklike navorsing. – Pynappel (kontak) 09:42, 19 September 2024 (UTC)Beantwoord
Volgens die WAT is die klem in Afrikaans op die laaste lettergreep. (Ek het hom toe nie ingedruk waar die son nie skyn nie.) ~ Burgert (kontak) 09:56, 19 September 2024 (UTC)Beantwoord
Terug na "Selakant"-bladsy.