Bethel Henry Strousberg

Bethel Henry Strousberg (* 20 November 1823 in Neidenburg, Masurië; † 31 Mei 1884 in Berlyn; eintlik Baruch Hirsch Strausberg, die naam is later verduits na Barthel Heinrich Strausberg en uiteindelik in Londen gewysig na Strousberg) was 'n Duitse nywerheidsmagnaat van Joodse afkoms. Gebore in 'n arm gesin, het Strousberg gedurende die sogenaamde Gründerzeit, die ekonomiese bloeitydperk voor die stigting en in die beginjare van die Duitse Keiserryk, vanaf 1860 die vernaamste Europese spoorweg-entrepreneur geword wat in sy beste tye sowat 100 000 werkers in diens gehad het.

Bethel Henry Strousberg
Bethel Henry Strousberg, ca. 1860
Gebore
Baruch Hirsch Strousberg

(1823-11-20)20 November 1823
Neidenburg, Pruise (nou Nidzica, Pole)
Sterf31 Mei 1884 (op 60)
NasionaliteitDuits
BeroepNyweraar
EggenootMary Ann Swan
Ouer(s)Samuel Bleichröder en Johanna Levin Aron
Bethel Henry Strousberg en sy gesin in die laat 1860's in hul tuin in Tiergarten. Die entrepreneur is uitgebeeld as ideale haut bourgeois-pater familias[1]
Skildery deur L. Knaus, 1870, Joodse Museum Berlyn

In Berlyn het hy vir homself in 1867/68 'n paleisagtige woning, die Palais Strousberg, laat bou wat as 'n voorbeeld van gesofistikeerde luukse beskou is en van die mees moderne tegniese geriewe voorsien is. Net vier jaar later het dinge vir Strousberg 'n dramatiese wending geneem. Strousberg het bankrot gespeel en is in 1884, ná vergeefse pogings om 'n nuwe onderneming te vestig, in armoede in 'n hotel in die Berlynse Taubenstraße oorlede.

Die bankrotskap van Strousberg se spoorweg-onderneming was die begin van 'n ernstige ekonomiese insinking in die jong Duitse Keiserryk, die sogenaamde Gründerkrach.

Verwysings

wysig
  1. Fredric Bedoire: The Jewish Contribution to Modern Architecture 1830–1930. Jersey City: KTAV Publishing House 2004, bl. 237