Blinkblaartolbos

Spesie van die tolbosse

Die blinkblaartolbos (Leucadendron xanthoconus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom op die Kaapse Skiereiland, Hottentots-Hollandberge en Groenlandberg, Kogelberg, Kleinmond, Kleinrivierberge tot by Bredasdorpberge, Elimvlakte, Caledon, Swartberg, Riviersonderendberge en Potberg. Die struik word 2.0 m hoog en dra blomme in Augustus.

Blinkblaartolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. xanthoconus
Binomiale naam
Leucadendron xanthoconus
(Kuntze) K.Schum., 1898
Sinonieme
  • Protea xanthoconus Kuntze[1]

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond nadat die plant gebrand het. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die bevrugting word gedoen deur klein torre. Die plant groei op die laer berghellings vanaf 0-670 m.

In Engels staan die plant as die Sickle-leaf Conebush bekend.

Galery

wysig

Verwysings

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig