Boesmansrivier (KwaZulu-Natal, lat -28,76, long 30,19)
Die Boesmansrivier is 'n rivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en 'n sytak van die Tugelarivier.
Boesmansrivier uMtshezi [1][2] | |
---|---|
Die Boesmansrivier by Wagendriftdam.
| |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Oorsprong | Drakensberge |
Monding | Tugelarivier |
Monding-hoogte | 635 |
Gemiddelde afloop | 358 m3/s |
Koördinate: 28°45′39″S 29°57′21″O / 28.76083°S 29.95583°O |
Die rivier ontspring in die Drakensberge en vloei van daar in 'n oos na noordoostelike rigting. Die boonste opvanggebied is in die Giant's Castle-wildreservaat, noord van die Giant's Castle-bergpiek. Dit voed die Wagendriftdam, waarna dit verby die dorp Estcourt vloei, om naby die dorp Weenen by die Tugelarivier aan te sluit.[3]
Die sytakke van die rivier is die Klein-Boesmansrivier (wat by Estcourt in die Boesmansrivier invloei), Rensburgspruit en die Mngwenya-rivier. Die Wagendriftdam naby Estcourt is die rivier se grootste reservoir. Talle digbevolkte landelike dorpe, verskeie wat deur die Hlubi-stam bewoon word, word in die boonste opvanggebied van die rivier aangetref.[4] Die rivier word deur die Bloukransrivier in die noorde en die Mooirivier in die suide begrens.
Eksterne skakel
wysig- Google-kaart van die Natalse Boesmansrivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
wysig- ↑ A. J. P. Opperman, The Battle of Blood River. CUM Books, Roodepoort, 1982. First edition, First impression. ISBN 0 86984 265 X. Page 4
- ↑ South African Languages - Place names
- ↑ (en) Rivers in South Africa – e-wise Geargiveer 22 Junie 2011 op Wayback Machine
- ↑ Pearce, R.O. (1973). Barrier of Spears – Drama of the Drakensberg. Howard Timins. pp. 3–13. ISBN 0 86978 050 6.