Boesmansrivierbroodboom
plantspesie
Die Boesmansrivierbroodboom (Encephalartos trispinosus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan die Oos-Kaap waar dit in die Boesmansrivier- en Groot-Visriviervalleie in die Bathurst, Alexandria en Albanie-omgewing voorkom. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare.
Boesmansrivierbroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. trispinosus
|
Binomiale naam | |
Encephalartos trispinosus (Hook.f.) R.A.Dyer, (1965)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant se FSA-nommer is 14.18.[1] In Engels staan die broodboom as die Bushman`s River cycad bekend.