Boetie gaan border toe!
Boetie gaan border toe! is 'n baanbrekende[1] Afrikaanse rolprent wat in 1984 vrygestel is. Dit is 'n vollengte fliek met ’n destyds byderwetse styl oor 'n jong man (gespeel deur Arnold Vosloo) wat weermag toe gaan en daar volwasse word. Die Suid-Afrikaanse Weermag het met die produksie van die fliek gehelp.[2] Die film is al as gesofistikeerde regeringspropaganda beskryf,[3][4] en word ook as oorlogsromantisering gekritiseer.[5] Die regie is deur Regardt van den Bergh behartig.
Boetie gaan border toe! | |
---|---|
Regisseur | Regardt van den Bergh |
Produksieleier | Philo Pieterse |
Draaiboek | Johan Coetzee, Cor Nortjé |
Met | Arnold Vosloo Eric Nobbs Frank Dankert |
Musiek deur | Danny Antill |
Kinematografie | Desmond Burmeistee |
Redigeerder | Valma Muir |
Verspreider | Ster-Kinekor |
Uitgereik | 1984 |
Speeltyd | 94 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Opgevolg deur | Boetie op manoeuvres |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n komedie.
Rolspelers
wysig- Arnold Vosloo as Boetie van Tonder (sy eerste rolprent)
- Eric Nobbs as Korporaal Botes
- Frank Dankert as Dampies Ball
- Kelsey Middleton as Jenny Ball
- Janie du Plessis as Elize
- Kerneels Coertzen as Davel
- Pagel Kruger as Mnr. Moerdijk
- William Abdul as James
- Frank Opperman as De Kock
- Blake Toerien as Piet Slabbert
- Christo Loots as Sunshine
- Neels Engelbrecht as Gattie
- Rudi De Jager as Meyer
- Bobbette Fouche as Mev. Moerdijk
- Graham Clarke as Dokter
- Gys de Villiers as Korporaal Smit
- Jacques Loots as Politikus
- Jana Cilliers as Dosent
- Gretha Brazelle as Charmaine
Storielyn
wysigBoetie probeer om sy diensplig vry te spring, maar word deur sy pa omgekoop. Alhoewel hy aanvanklik weerstand teen militêre dissipline bied, gaan hy oor tot kameraadskap met sy mede-soldate deur die intense basiese opleiding en hulle daaropvolgende aksie in die grensoorlog by Angola.[3]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Raoul Granqvist. Major Minorities: English Literatures in Transit (1993 uitg.). Rodopi Publishers. pp. 89–92. ISBN 90-5183-559-0.
- ↑ 3,0 3,1 Tomaselli, Keyan (2013). The Cinema of Apartheid Race and Class in South African Film. Hoboken: Taylor and Francis. p. 194. ISBN 9781317928393. Besoek op 22 September 2017.
- ↑ Maingard, Jacqueline (2013). South African National Cinema (in Engels). Routledge. p. 135. ISBN 9781135124038. Besoek op 22 September 2017.
- ↑ Popescu, Monica (2010). South African Literature Beyond the Cold War (in Engels). Palgrave Macmillan. p. 49. ISBN 9781137071859.