Bontelsie
Die Bontelsie is 'n waadvoël en 'n algemene standvoël in suidelike Afrika. Dit het 'n wye verspreiding in die Ou Wêreld, en is ten dele ook 'n trekvoël.
Bontelsie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | R. avosetta
|
Binomiale naam | |
Recurvirostra avosetta | |
Verspreiding van R. avosetta
slegs broeibesoekers heeljaar aanwesig oorwinteringsgebied |
Identifikasie
wysigVolwasse voëls het wit vere behalwe vir 'n swart hoof en swart vlekke op die vlerke en op die rug. Hulle het lang na bo-gekeerde snawels en lang blouerige bene.
Habitat
wysigDie habitat is hoofsaaklik vlak damme, mere en vleie. Hulle broei op oop grond, soms in klein groepies. Die broeisel bestaan normaalweg uit 3 tot 5 eiers.
Verspreiding
wysigDie Bontelsie broei in Europa en sentraal-Asië en oorwinter in Afrika en Suid-Asië. In 1840 het dit as 'n broeispesie in Brittanje uitgesterf, maar dit kon die eiland sedert 1947 herkoloniseer.
Geluid
wysigDie Bontelsie uiter harde kloet-kloet-kloet geluid.
Ander name
wysig- Engelse naam: Pied avocet
- Wetenskaplike naam: Recurvirostra avosetta
Fotogalery
wysig-
'n Liggekleurde eier uit Frankryk
-
Nes met legsel in Nedersakse
-
Hulle is goeie swemmers danksy hul gewebde pote
-
Kuiken by volwassene
-
'n Jongvoël in Norfolk, Engeland
-
Volwassene in vlug, Indië
-
'n Swerm van 17 te Strandfontein, Wes-Kaap
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2008). Recurvirostra avosetta. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 9 Des 2008. Databasis inskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.
Bron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7