Bostaaibos
Die bostaaibos (Searsia chirindensis) is 'n boom wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika. Buite Suid-Afrika kom die boom in Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe voor. Hierdie boom word die hoogste van die genus en groei meestal in woude maar kan ook soms as 'n struik voorkom. Die vrugte (5 mm in deursnee) is eers gelerig-pienk en word later rooi wanneer dit ryp is. Die blare is donkergroen en elke blaar bestaan uit drie blaartjies en die jong blaartjies is rooi gespikkel.
Bostaaibos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. chirindensis
|
Binomiale naam | |
Searsia chirindensis (Baker f.) Moffett, (2007)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 380.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rhus chirindensis.