Die Braak
Die Braak is ‘n grasbedekte dorpsplein in Stellenbosch, Suid-Afrika bekend om die aantal gedenkwaardighede van argitektoniese en kultuur-historiese belang.[1]
Geskiedenis
wysigDit is 2,5 ha groot en is reeds vroeg in die 18de eeu as militêre oefenterrein gebruik. In 1908 is dit aan die dorp geskenk op voorwaarde dat die meent ‘n openbare terrein vir die hou van feeste, vergaderings en sportbeoefening bly. Jare lank is Simon van der Stel se verjaardag op 14 Oktober gevier en is daar dikwels ou kanonnetjies afgeskiet. Die laaste keer het dit in in 1928 gebeur met ‘n saluut van 21 skote ter viering van die aanname van die Vlagwet. (Die kanonnetjies word in die Kruithuis bewaar.) Pogings is deur die jare aangewend om die plein tot King’s Square, Queen’s Square en Adderley Square te herdoop.
Gedenkwaardighede
wysigDie Braak is self in 1936 tot monument verklaar. St. Mary’s on the Braak, oftewel die Sint Mariakerk, opgerig in 1852, is die enigste gebou op die veld. Direk rondom die terrein is die Rynse Kerk, Stellenbosch (1824) met sy besondere preekstoel, die Rynse Instituut (‘n voormalige skoolkoshuis en nou die P.J. Olivier Kunsskool), die eertydse Rynse skool (die ou “Rhenish”), die VOC se Kruithuis (1777), die Burgerhuis, die Koetsiershuis (by Alexanderstraat 40), Laetitia, die Afdelingsraadkantoor, die gebou van die destydse Drostdy Hotel, die ou poskantoor, die De Wet Brothers-gebou en die Watermeul langs die Meulsloot.
Lees ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Die Braak | Stellenbosch | South Africa | Modern Overland". www.modernoverland.com (in Engels). Besoek op 15 Oktober 2024.
Bibliografie
wysig- Barker, Brian Johnson en Daryl Balfour: Stellenbosch – place of gables, oaks & wine. Kaapstad: Struik, 1992. ISBN 1-86825-149-7
- Burden, Matilda: 50 jaar - Historiese Huise 1966-2016. Stellenbosch: Historiese Huise van Suid-Afrika, 2016. ISBN 978-0-620-73074-7
- Collier, Joy: Stellenbosch Revisited. Stellenbosch: Universiteitsboekhandelaars en Uitgewers. 1959
- Fransen, Hans en Christo S. Botha: Discovering historical Stellenbosch. Kaapstad: H.A.U.M., 1979. ISBN 0-7986-0366-6
- Oberholster, J.J.: Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972. ISBN 0-620-00191-7
- Proust, Alain en D.H. Pennewaert: Stellenbosch – a visual promenade. Vlaeberg: La Compagnie du Cap, 2006. ISBN 0-620-35009-1
- van Huyssteen, Ters en Hannes Meiring: Foot-loose in Stellenbosch – a guide for walkers. Kaapstad: Tafelberg, 1977. ISBN 0-624-01303-0
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Die Braak.