Kaapse dwergverkleurmannetjie
(Aangestuur vanaf Bradypodion pumilum)
Die Kaapse dwergverkleurmannetjie (Bradypodion pumilum) is 'n verkleurmannetjie wat endemies is aan Kaapstad en omgewing. Hulle leef in struike en die woudrande in fynbos. Die verkleurmannetjie is 6 tot 8 cm lank. Dit is 'n klein boomlewende reptiel. Die oë is keëlvormig en dit het 'n grypstert. Die reptiel is gewoonlik bedags bedrywig en vreet vlieë en ander insekte wat met die klewerige tong gevang word. Slange, vleiloeries en laksmanne is die verkleurmannetjie se vyande.
Kaapse dwergverkleurmannetjie | |
---|---|
'n Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. pumilum
|
Binomiale naam | |
Bradypodion pumilum (Gmelin, 1789)
| |
Sinonieme | |
Lacerta pumila (Gmelin, 1789)[1] |
Subspesies
wysigVan die moontlike subspesies van B. pumilum wat nog nie deur genetiese toetsing bevestig is nie, sluit in:
- Tipies
- Fynbos
- Renosterveld (moontlik 'n hibried tussen B. pumilum en B. occidentale)
Verwysings
wysigBronne
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kaapse dwergverkleurmannetjie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kaapse dwergverkleurmannetjie
- "Verkleurmannetjies". Mieliestronk.
{{cite web}}
:|archive-url=
requires|archive-date=
(hulp)