Brasiliaanse glorie-ertjie
Die Brasiliaanse glorie-ertjie (Sesbania punicea) is 'n indringerplant en klein boompie of struik wat inheems is aan die suide van Brasilië, Uruguay en die noordooste van Argentinië.
Brasiliaanse glorie-ertjie Rooikeurtjie | |
---|---|
Groeivorm en bloeiwyses in Pretoria | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | Sesbania punicea
|
Binomiale naam | |
Sesbania punicea (Cav.) Benth., (1859)
|
Voorkoms
wysigDie boom is klein en word nie groter as 4 m nie. Dit groei op spruit- en rivieroewers. Die boom het donkergroen, neerhangende, saamgestelde blare. Die blomme is ertjievormig en is helderrooi of helderoranje. Dit word deur heuningbye en suikerbekkies bestuif. Die peule is langwerpig met vier vlerkies en word versprei deur waterstrome.
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Verwysings
wysig- ↑ Botanic Gardens Conservation International (BGCI) & IUCN SSC Global Tree Specialist Group (2019). "Sesbania punicea". IUCN Red List of Threatened Species. 2019: e.T144292947A149031069. doi:10.2305/IUCN.UK.2019-2.RLTS.T144292947A149031069.en. Besoek op 26 November 2022.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Brasiliaanse glorie-ertjie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Brasiliaanse glorie-ertjie