Breëstertparadysvink
Die Breëstertparadysvink (Vidua obtusa) is 'n skaars tot gelokaliseerde, algemene standvoël en nomade wat voorkom in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Suid-Afrika, Tanzania, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Engels staan die voël bekend as die Broad-tailed Paradise Whydah.
Breëstertparadysvink | |
---|---|
Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | V. obtusa
|
Binomiale naam | |
Vidua obtusa (Chapin, 1922)
|
Identifikasie
wysigDie voël is 15 tot 30 cm lank; die broeiende mannetjie is 27 cm lank en hulle weeg 10 tot 26 gram. Die broeiende mannetjie het 'n korter, breër stert as die Gewone paradysvink en die agternekvlerk en bors is 'n donkerder oranjekastaiingsbruin. Die wyfie en nie-broeiende mannetjie se rugkant is minder dig gestreep en die snawel is minder dig gestreep as die Gewone paradysvink. Die gesig is minder sterk gemerk; die swarterige oogstreep krul nie dieselfde mate om die oordekvere nie.,
Bron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Vidua obtusa". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 14 Januarie 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Breëstertparadysvink.