Bredasdorpstompie
Spesie van die stompies
Die Bredasdorpstompie (Mimetes saxatilis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom slegs voor naby Bredasdorp vanaf Pearly Beach tot by Struisbaai. Die struik is regop en word 2.25 m hoog en dra blomme van Julie tot Desember. Dis 'n tipiese kalksteenfynbosspesie wat kommersieel geoes word.[1]
Bredasdorpstompie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Mimetes |
Spesie: | M. saxatilis
|
Binomiale naam | |
Mimetes saxatilis E.Phillips, (1911)
|
In Engels staan dit as die Limestone Pagoda bekend.
Galery
wysigBronnelys
wysigVerwysings
wysig- ↑ Jonkershoek Heydenrych, B., Burgers, C. and Cape Nature Conservation. "Limestone fynbos". Veld & Flora. 80 (3).
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)