Brendan Peyper
Brendan Peyper (gebore 7 Augustus 1996) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en akteur.[1] Sy debuutalbum, Stop, wag, bly nog 'n bietjie word in 2015 vrygestel. Sy tweede album, Hy loop oop, verskyn in 2017. In 2018 word sy derde album, Dis nie sonde nie, vrygestel.
Brendan Peyper | |
---|---|
Gebore | 7 Augustus 1996 Bloemfontein, Suid-Afrika |
Genres | Popmusiek |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2015 – hede |
Webwerf | brendanpeyper |
Vroeë lewe en opvoeding
wysigPeyper is op 7 Augustus 1996 in Bloemfontein, Suid-Afrika gebore. Sy ouers is Vincent Peyper en Celesté Barnard.
Peyper matrikuleer in 2014 aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein en studeer daarna klankingenieurswese aan die Universiteit van die Vrystaat, maar staak sy studies om sy sangloopbaan te bevorder.
Stop, wag, bly nog ’n bietjie (2015)
wysigPeyper se debuutalbum, Stop, wag, bly nog 'n bietjie, is op 9 Oktober 2015 vrygestel. Die treffers vanaf hierdie album sluit in: "Stop, wag, bly nog 'n bietjie", "Die perfekte een vir my" en "Tafelberg vir twee".[2] Die musiekvideo vir "Stop, wag, bly nog 'n bietjie" ontvang 2 miljoen kyke op YouTube.[3][4]
Dis nie sonde nie (2018)
wysigBrendan Peyper se derde ateljeelbum, Dis nie sonde nie, verskyn in Oktober 2018. Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, "Jy laat dit maklik lyk", word onmiddellik die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie op iTunes en betree Maroela Media se Top-20 op 15 Oktober 2018 in die 20ste posisie.[5] "Jy laat dit maklik lyk" beweeg boontoe tot op 17de plek in Maroela Media se Top-20 van 23 Oktober 2018.[6]
Diskografie
wysigAteljeealbums
wysig- 2015: Stop, wag, bly nog 'n bietjie
- 2017: Hy loop oop
- 2018: Dis nie sonde nie[5]
- 2020: Twintig20
Lewendige opnames
wysig- 2017: Sinkplaat sessies
Versamelalbums
wysig- 2017: Kersfees bekoor (met Elizma Theron, Refentse, Sean Butler, Elandré, Ons Lieflinge, Nicholis Louw, Ray Dylan, en Liezel Pieters)
Enkelspelers
wysig- 2015: "Tafelberg vir twee"
- 2015: "Die perfekte een vir my"
- 2015: "Stop, wag, bly nog 'n bietjie"
- 2018: "Klim jou Everest"
- 2018: "Jy Laat Dit Maklik Lyk"
- 2018: "Maak Die Perde Los"
- 2018: "Like a River Flows"
- 2020: "Sterk Soos 'n Leeu"
- 2020: "Lekker Op My Trekker"
- 2021: "Dik en dun"
- 2021: "Op jou spoor"
- 2021: "Warm nog op"
Filmografie
wysig- 2016: Sonskyn beperk
Toekennings en nominasies
wysigJaar | Seremonie | Toekenning | Genomineer | Resultate |
---|---|---|---|---|
2016 | Suid-Afrikaanse Musiekpryse[7][8] | Beste Popalbum (Afrikaans) | Stop, wag, bly nog 'n bietjie | Genomineer |
2016 | Ghoema-toekennings[8] | Manlike Kunstenaar Van Die Jaar | Stop, wag, bly nog 'n bietjie | Genomineer |
2016 | Ghoema-toekennings[8] | Nuweling Van Die Jaar | Stop, wag, bly nog 'n bietjie | Genomineer |
Verwysings
wysig- ↑ Waldeck, Elsje (7 Mei 2015). "Verkies kitaar bo tokse". Volksblad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 20 Februarie 2016.
- ↑ Waldeck, Elsje (7 Julie 2015). "Plaasseun tref no. 9 op iTunes". Die Burger. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2016. Besoek op 20 Februarie 2016.
Só lees die suksesverhaal van Brendan Peyper (18), die plaasseun van Bloemfontein, wie se musiekvideo van sy debuuttreffer, Stop, wag, bly nog 'n bietjie, die eerste Afrikaanse musiekvideo nóg is wat so hoog op die iTunes-ranglys pryk.
- ↑ Sarie (19 November 2018). "10 dinge wat jy van Brendan Peyper moet weet".
- ↑ YouTube. Brendan Peyper: Stop, wag, bly nog ’n bietjie
- ↑ 5,0 5,1 "Corlea is no. 1 op Maroela Media Top-20". Maroela Media. 15 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2019. Besoek op 31 Oktober 2018.
- ↑ Cloete, Pieter (23 Oktober 2018). "Karlien van Jaarsveld klim die Maroela Media Top-20". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 31 Oktober 2018.
- ↑ "#SAMA22: The Nominees For The 2016 South African Music Awards (SAMAs)" (in Engels). 21 April 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 September 2018.
- ↑ 8,0 8,1 8,2 Salzwedel, Zoë (18 Februarie 2019). "Brendan Peyper maak sý perde los!". Rooi Rose. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2019. Besoek op 16 Februarie 2020.
Bronne
wysig- "Brendan Peyper brings the heat on #FridayLive". Jacaranda FM. Besoek op 29 Junie 2018.
- "Brendan Peyper deel dubbele goeie nuus". Maroela Media. 25 April 2018. Besoek op 2 September 2018.