Elandré

Suid-Afrikaanse musikant

Elandré Schwartz (gebore 28 Augustus 1995 in Despatch, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse musikant. Elandré het as 19-jarige by die Waterfront-teaterskool in Kaapstad gestudeer[1] en bekendheid gewerf na hy ‘n video van sy vertolking van "Tougher than the Rest" van Bruce Springsteen op sosiale media gelaai het. Die video is oornag meer as 100 000 keer gekyk.[1] Na die video is hy genooi om op Bok Radio se ontbytprogram te sing en is tydens dié onderhoud deur Select Musiek ‘n platekontrak aangebied.[2]

Elandré
Elandre-4-640x426.jpg
GeboortenaamElandré Schwartz
Gebore28 Augustus 1995 (1995-08-28) (24 jaar oud)
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer
EtiketteSelect Music, Sony Music Entertainment Africa
Webwerfwww.elandremusiek.co.za

Elandré se debuutalbum Kleindorpdromer is op 1 September 2017 vrygestel.[3] Sy tweede album, Boomhuis, is op 19 April 2019 vrygestel. [4]

DiskografieEdit

AteljeealbumsEdit

  • 2017: Kleindorpdromer
  • 2019: Boomhuis[5]

Lewendige opnamesEdit

  • 2017: Sinkplaat Sessies

VerwysingsEdit

  1. 1,0 1,1 Blackburn, Cyril (14 September 2017). "Luister: Elandré Schwartz: ʼn 'Kleindorpdromer' met ʼn gróót stem". Maroela Media.
  2. "Elandre Schwartz se droom word waar!". Pieter Cloete.
  3. "‎Kleindorp - Dromer by Elandré" – via music.apple.com.
  4. "‎Boomhuis by Elandré" – via music.apple.com.
  5. Cloete, Pieter (9 Julie 2019). Twee enkelsnitte vir Elandré op Afrikaanse top-20. Maroela Media. URL besoek op 13 Julie 2019.

BronneEdit

Eksterne skakelsEdit