Brinkumer SV
Volledige naam | Brinkumer Sportverein von 1924 e.V. |
Stigtingsdatum | 1924 |
Tuisveld | BSV Arena, Stuhr |
Kapasiteit | 2 200 |
Kompetisie | Oberliga Bremen |
Brinkumer SV is 'n sportklub uit Stuhr in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir wandel en gimnastiek. Brinkum is 'n dorpsdeel van Stuhr. Aangesien Stuhr aan die stadsrand van Bremen geleë is, ding die klub in die Bremen-ligas mee.
Die klub is in 1924 met die huidige naam gestig en is naas FTSV "Jahn" Brinkum die grootste sportklub in Stuhr.
Die klub het in 2009 sy grootste prestasie behaal deur die Oberliga Bremen te wen, maar het verkies om nie aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Regionalliga deel te neem nie. Die DFB se streng vereistes vir 'n Regionalligalisensie vereis onder meer dat 'n klub oor 'n tuisveld met 'n kapasiteit van minstens 5 000 beskik en die klub sou dit nie kon bekostig (en kon ook nie 'n borg in die hande kry) om 'n groot belegging in infrastruktuur te finansier nie.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Bremen 2009/10-seisoen | |
Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – |