Buffelsrivier (Kleinzee)
rivier in Noord-Kaap, Suid-Afrika
Buffelsrivier
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Geleë in administratiewe eenheid | Namakwa-distriksmunisipaliteit, Noord-Kaap |
Geografiese ligging | 29°40′39″S 17°3′5″E, 29°40′28″S 17°3′17″E |
Die Buffelsrivier mond uit in die Atlantiese Oseaan naby die dorpie Kleinzee in die Noord-Kaap. Die rivier is eintlik net 'n droë bedding wat ongeveer elke 10 jaar vloei, as gevolg van die uiters lae reënval hier.
Die naaste ander dorpie is Grootmis, sowat 10 km verder binneland toe op die R355-streeksroete.