Kleinsee
dorp aan weskus van Suid-Afrika
(Aangestuur vanaf Kleinzee)
Kleinsee is 'n dorpie op die weskus in die Noord-Kaap aan die Atlantiese Oseaan, Suid-Afrika. Die dorpie het ontstaan toe spoeldiamante in 1925 ontdek is deur ene De Villiers, 'n onderwyser, en ene Alberts, 'n bouer. Eksplorasie is oorgeneem deur Cape Coast Exploration Company Ltd en later deur De Beers Consolidated Mines.
Kleinsee Kleinzee | |
---|---|
Dorpie | |
Koördinate: 29°40′40″S 17°4′12″O / 29.67778°S 17.07000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Nama Khoi |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,10 km2 (3,51 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 728 |
• Digtheid | 80/km2 (200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 17.9% |
• Indiërs/Asiërs | 1.1% |
• Bruin mense | 61.1% |
• Swart mense | 18.1% |
• Ander | 1.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 89.9% |
• Engels | 5.7% |
• Xhosa | 2.1% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 8282 |
Skakelkode | 027 |
Die Buffelsrivier mond naby Kleinsee uit. Die rivier is eintlik net 'n droë bedding wat ongeveer elke 10 jaar vloei, as gevolg van die uiters lae reënval hier. Die naaste dorpie is Grootmis, sowat 10 km verder binneland toe op die R355-streeksroete.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Kleinsee". Sensus 2011.