Buro van die WAT

’n maatskappy en organisasie sonder winsoogmerk, ’n openbare weldaadsorganisasie en uitgewer van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Die Buro van die WAT is ’n maatskappy en organisasie sonder winsoogmerk, ’n openbare weldaadsorganisasie en uitgewer van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Die Buro van die WAT se missie is om ’n omvattend verklarende woordeboek en ander leksikografiese produkte in Afrikaans saam te stel, en sodoende die Afrikaanse taal, sy gebruikers en die leksikografie te dien. Die Buro van die WAT word deur direkteure bestuur. Sedert 2023 is Dr. P.A. Louw die uitvoerende direkteur van die Buro van die WAT.

Satellietpublikasies

wysig

Benewens die Woordeboek van die Afrikaane Taal het die Buro van die WAT oor die jare oor verskeie satellietpublikasies uitgegee:

  • Woordkeusegids: ’n Kerntesourus van Afrikaans (1992)
  • Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) (2003)
  • Sinonieme en verwante woorde (2006)
  • Etimologiewoordeboek van Afrikaans Supplement (2007)
  • Basic Afrikaans: The top 1000 words and phrases (2011)
  • Prentewoordeboek Afrikaans-IsiXhosa Gr. R–3 (2019)
  • Picture Dictionary English-Afrikaans Gr R–3 (2019)

Lexikos

wysig

Lexikos (Grieks vir “van of vir woorde”), ’n geakkrediteerde internasionale vaktydskrif, word sedert 1991 deur die Buro van die WAT uitgegee in die AFRILEX-reeks. Sedert 1996 is dit die mondstuk van die African Association for Lexicography (Afrilex) wat tans die gesamentlike uitgewer vir Lexikos is. Artikels word in Afrikaans, Engels, Duits, Nederlands en Frans gepubliseer.

Lexikos is die enigste tydskrif in Afrika wat uitsluitlik aan die leksikografie gewy word. Dit word tans in 23 lande versprei en dit lewer ’n groot bydrae om die leksikografiese gesprek in Afrika, maar ook elders in die wêreld te stimuleer.

Direkteure van die Buro van die WAT

wysig

Voorsitter: Prof. H.C. Klopper
Ondervoorsitter: Prof. R.H. Gouws
Uitvoerende direkteur: Dr. P.A. Louw

Ander direkteure:
Prof. W.A.M. Carstens
Dr. F.S. Hendricks
Mnr. H.A.J. Lombard
Prof. R.A. Stevens

Personeel

wysig

Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur: Dr. P.A. Louw
Eindredakteur: Mnr. G.J. van Wyk
Senior Mederedakteur: Me. A.E. Cloete

Mederedakteurs:
Me. N. Bruwer
Dr. D. Claassen
Me. C. de Kock
Mnr. A.H. du Plessis
Dr. B.G. Odendaal
Me. L. Rademeyer
Me. E.M. van der Merwe

Redaksionele Medewerkers:
Me. G. de Wet
Me. J.G.S. Luther
Mnr. F.C. Pheiffer

Junior Mederedakteurs:
Mnr. D. Hess
Me. P.N. Manewil

Finansiële Beampte en Kantoorbestuurder: Me. M. Snyman
Bestuurder: Redaksionele Steundiens: Me. T. Harteveld
Taalpraktisyn: Me. N. Steyn
Datasistematiseerder: Me. M.S. Stofberg
Datasistematiseerder: Me. R. Stofberg
Datasistematiseerder: Me. C. Lawrie

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig