CASA/IPTN CN-235
Spaanse/Indoniesise vragvliegtuig
Die CASA/IPTN CN-235 is 'n mediumstrek tweemotorige militêre vragvliegtuig wat gesamentlik ontwikkel is deur Construcciones Aeronáuticas SA (CASA) van Spanje en IPTN van Indonesië as 'n streeksvliegtuig en militêre vragvliegtuig. Die vliegtuig word aangedryf deur twee turboskroefmotore. In die militêre omgewing word dit gebruik vir maritieme patrollies, verkenning en vervoer van militêre vrag. Die grootste gebruiker van die CN-235 is Turkye wat 59 eenhede gekoop het.[5]
CASA/IPTN CN-235 | |
---|---|
Tipe | Militêre vragvliegtuig |
Vervaardiger | Construcciones Aeronáuticas SA IPTN |
Nooiensvlug | 11 November 1983 |
Bekendstelling | 1 Maart 1988 |
Status | Aktief |
Hoofgebruikers | Turkse Lugmag Franse Lugmag Ierse Vliegkorps Koninklike Maleisiese Lugmag |
Vervaardig | 1983[1] |
Aantal gebou | 286[2] ( IPTN 69 [3] ) |
Eenheidskoste | $ 34 miljoen [4] |
Weergawes | Airbus C-295 Indonesian Aerospace N-245 |
Die Suid-Afrikaanse Lugmag het een Casa-235 in werking gehad wat oorspronklik afkomstig was van die Bophuthatswana Lugmag. Die vliegtuig is gebruik vanaf 1991 (Bophuthatswana) tot 2011. Die vliegtuig is nou vertoon by die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum in Pretoria. [6]
Verwysings
wysig- ↑ Liputan6.com (8 Januarie 2017). "Pesawat CN-235 Buatan Indonesia Pesanan Senegal Tiba di Dakar" (in Indonesies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2017. Besoek op 26 Februarie 2017.
- ↑ "Orders, Deliveries, In Operation Military aircraft by Country - Worldwide" (PDF). Airbus. Besoek op 1 Junie 2024.
- ↑ "Kisah PT DI Rumahkan 12.000 Karyawannya di Balik Kesuksesan Pesawat CN235". beritatrans.com.
- ↑ "CN-235" (in Engels). Deagel.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2017. Besoek op 13 Junie 2016.
- ↑ "Orders, Deliveries, In Operation Military aircraft by Country – Worldwide" (PDF). Airbus Space and Defence. Airbus Space and Defence. 31 Augustus 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 November 2015. Besoek op 4 Desember 2015.
- ↑ https://www.saairforce.co.za/the-airforce/aircraft/27/cn-235
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie CASA/IPTN CN-235.