Josef (vis)
vis spesie
(Aangestuur vanaf Callorhinchus capensis)
Die Josef (Callorhinchus capensis) is 'n kraakbeenvis wat endemies aan Suid-Afrika is. Die vis kom voor vanaf Namibië tot by Durban alhoewel dit selde aan die ooskus gesien word. In Namibië staan vis bekend as die Josefvis. Die vis word tot 1.2 m lank en is silwer of brons kleurig. Aan die kante en op die kop en vinne is die kleur donkerder. Die vis verkies sagte seebodems, nie dieper as 374 m nie. Wanneer die vis volwasse is groei daar 'n tentakel uit aan die voorkop wat sy Engelse naam tot gevolg het Elephantfish.
Josef | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Chondrichthyes |
Orde: | Chimaeriformes |
Familie: | Callorhinchidae |
Genus: | Callorhinchus |
Spesie: | C. capensis
|
Binomiale naam | |
Callorhinchus capensis A. H. A. Duméril, 1865
|
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7