Cannes-rolprentfees 2001

Die 54ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2001 gehou. Die Noorweegse aktrise en regisseur Liv Ullmann was die voorsitter van die jurie en die Britse aktrise Charlotte Rampling het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 59 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

  Cannes-rolprentfees 2001 

Datum 14-25 Mei 2001
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Charlotte Rampling
Getal prente  23 (In Kompetisie)
24 (Un Certain Regard)
12 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Moulin Rouge!
Afsluitingsfliek  Savage Souls
Palme d'Or  The Son's Room

Die Italiaanse rolprent The Son's Room, met Nanni Moretti as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met Baz Luhrmann se Moulin Rouge![3] en afgesluit met Savage Souls (Les âmes fortes) van Raúl Ruiz.[4]

Belangrikste fliekpryse

wysig
Liv Ullmann (voorsitter van die jurie).
Charlotte Rampling (aanbieder).
Prys Rolprent Regisseur Land
Palme d'Or The Son's Room (La stanza del figlio) Nanni Moretti Italië
Grand Prix The Piano Teacher (La Pianiste) Michael Haneke Frankryk
Un Certain Regard Boyhood Loves (Amour d'enfance) Yves Caumon Frankryk
Caméra d'Or Atanarjuat: The Fast Runner Zacharias Kunuk Kanada
Cinéfondation Portrait (Portrjet) Sergei Loznitsa Rusland
Kortfilm-Palme d'Or Bean Cake David Greenspan VSA

Ander pryse

wysig
Prys Wenner Rolprent Land
Beste regisseur David Lynch
Joel Coen
Mulholland Drive
The Man Who Wasn't There
VSA
VSA
Beste draaiboek Danis Tanović No Man's Land Bosnië en Herzegowina
Beste akteur Benoît Magimel The Piano Teacher (La Pianiste) Frankryk
Beste aktrise Isabelle Huppert The Piano Teacher (La Pianiste) Frankryk

Verwysings

wysig
  1. "Cannes 2001: Awards Full Of Surprises". Deadline (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2019. Besoek op 11 Desember 2013.
  2. "Cannes 2001 – The Winners". Deadline. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2016. Besoek op 11 Desember 2013.
  3. "Moulin Rouge confirmed as Cannes opener". Deadline (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 11 Desember 2013.
  4. "Cannes 2001 - The Festival Films". Deadline. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2013. Besoek op 11 Desember 2013.

Eksterne skakels

wysig