Canon EF 70–200mm lens
Die EF 70–200mm lens is 'n telefoto zoemlens wat deur Canon Inc. vervaardig word. Die lens het 'n EF-lenspassing om met die EOS-lyn van kameras te werk.
Die lens kom in vyf verskillende weergawes, wat almal vaste maksimum lensopeninge het by al die fokusafstande en is L-reekslense.
- f/2.8 L IS USM
- f/2.8 L IS USM II
- f/2.8 L USM
- f/4L IS USM
- f/4L USM
Die f/4 nie-IS weergawe, die goodkoopste L-reekslens deur Canon gemaak, is gewild onder die gewig-sensitiewe landskapfotograwe en amateurs wat L lens gehalte wil he sonder om duisende dollar te spandeer. Die f/2.8 weergawes is gewild onder gebeurtenisfotograwe en fotojoernaliste waar laer ligvermoëns vereis word; sommige portretfotograwe verkies ook hierdie lens omrede die verbeterde agtergrondvervaging wat deur die f/2.8 diafragma gebied word. Die nie-IS f/2.8 weergawe is vrygestel in 1995 en vervang die EF 80–200mm f/2.8 L lens.
Die IS-weergawe lense gebruik 'n agt-lem diafragma wat byna 'n ronde opening gee wanneer dit tot stilstand kom. Weerverseëlde Canonprodukte is nie heeltemal verseël teen die omgewing nie, hulle bied net meer weerstand as die nie-verseëlde weergawes. Hierdie lense is verenigbaar met die Canon Extender EF teleconverters. Danksy sy interne inzoem meganisme, is daar nooit enige "lens kruip" indien die lens na die grond toe gerig word nie.
Spesifikasies
wysigEienskap | f/2.8L IS II USM | f/2.8L IS USM | f/2.8L USM | f/4L IS USM | f/4L USM |
---|---|---|---|---|---|
Illustrasie → | |||||
Sleuteleienskappe | |||||
Beeldstabiliseerder | Ja, 3de geslag | Ja, 2de geslag | Nee | Ja, 3de geslag | Nee |
Omgewingsverseëling | Ja | Nee | Ja | Nee | |
Ultrasoniese Motor | Ja | ||||
L-reeks | Ja | ||||
Diffraksie Optika | Nee | ||||
Makro | Nee | ||||
Maksimum lensopening | f/2.8 | f/4.0 | |||
Minimum lensopening | f/32 | ||||
Maksimum diameter | 89 mm (3.5 dm) | 86 mm (3.4 dm) | 85 mm (3.3 dm) | 76 mm (3.0 dm) | |
Horisontale sighoek | 29°–10° | ||||
Vertikale sighoek | 19°30'–7° | ||||
Diagonale sighoek | 34°–12° | ||||
Groepe/elemente | 19/23 | 18/23 | 15/18 | 15/20 | 13/16 |
Aantal diafragmalemme | 8 | ||||
Kortste fokusafstand | 1.2 m (3.9 vt) | 1.4 m (4.6 vt) | 1.5 m (4.9 vt) | 1.2 m (3.9 vt) | |
Maksimumvergroting | .21 | .17 | .16 | .21 | |
Fisiese data | |||||
Massa | 1,490 g (3.28 lb) | 1,470 g (3.24 lb) | 1,310 g (2.89 lb) | 760 g (1.68 lb) | 705 g (1.554 lb) |
Lengte | 197 mm (7.8 dm) | 197 mm (7.8 dm) | 194 mm (7.6 dm) | 172 mm (6.8 dm) | |
Filter diameter | 77 mm | 67 mm | |||
Toebehore | |||||
Lenskappie | Tulpvormig (ET-87) | Tulpvormig (ET-86) | Tulpvormig (ET-83II) | Silindries (ET-74) | |
Kleinhandelinligting | |||||
Vrygestel in | April 2010 | September 2001 | Maart 1995 | November 2006 | September 1999 |
± Verkoopsprys in VS$ | $2,099.00 | $1,999.00 | $1,349.00 | $1,199.00 | $649.99 |