Maak hoofkeuseskerm oop

Die Swartvleiloerie (Centropus grillii) is 'n standvoël wat voorkom in die noorde van KwaZulu-Natal, Mosambiek, die Caprivistrook en Noord- en Oos-Zimbabwe. In Engels staan die voël bekend as die Black Coucal.

Swartvleiloerie
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Cuculiformes
Familie: Cuculidae
Genus: Centropus
Spesie: C. grillii
Binomiale naam
Centropus grillii
Hartlaub, 1861

Inhoud

VoorkomsWysig

Die voël is 35–38 cm lank en weeg 95-150 g. Broeiende volwasse voëls het 'n swart kop, mantel en rugkant. Die vlerke is kastaiingbruin. Die swart stert het opvallende ligbruin dwarsstrepe. Die nie-broeiende en jong voëls se kroon en mantel het taan en bruin spikkelstrepe maar nie duidelike wenkbroue nie. Die rugkant insluitende die slag- en dekvere is meestal donkerbruin en rooibruin gestreep. Die stert is donkerbruin met fyn rooibruin bande. Die bors is liggeel tot grys en die sye swart dwarsgestreep.

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. BirdLife International (2012). "Centropus grillii". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.