Chrysocoma flava
Planttspesie
Chrysocoma flava is 'n meerjarige struik wat deel is van die Asteraceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, in die Overberg tussen Bredasdorp en Riversdal, voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1047 km² en het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing. Slegs klein, gefragmenteerde gedeeltes van die oorspronklike populasie is oor. Die bedreiging bestaan steeds.
Chrysocoma flava | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Chrysocoma |
Spesie: | C. flava
|
Binomiale naam | |
Chrysocoma flava Ehr.Bayer, (1981)
|
Die spesie is deel van die fynbos.