Cliffortia apiculata
Plantspesie
Cliffortia apiculata is 'n struik wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Palmietrivier-vallei tussen Elgin, Arieskraal en Fairy Glen voor. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 55 km² en het reeds meer as 80% van sy habitat aan die aanlê van appelboorde, gedurende die laaste 70 jaar, afgestaan. Daar is tans vyf gefragmenteerde subpopulasies oor wat deur indringerplante bedreig word.
Cliffortia apiculata | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rosaceae |
Genus: | Cliffortia |
Spesie: | C. apiculata
|
Binomiale naam | |
Cliffortia apiculata Weim., 1946
|