Cliffortia conifera
Plantspesie
Die Anysbergsterboom (Cliffortia conifera) is 'n struik of klein boompie wat tot die Rosaceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Anysberg voor. Die enigste populasie daar bestaan uit minder as 250 plante.
Anysbergsterboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rosaceae |
Genus: | Cliffortia |
Spesie: | C. conifera
|
Binomiale naam | |
Cliffortia conifera E.G.H.Oliv. & Fellingham, (1994)
|
Die plant is deel van die fynbos-bioom. Die boom se FSA-nommer is 145.5.[1]