Colin Pillinger
Colin Trevor Pillinger, FRS, CBE, (/ˈpɪlɪndʒər/; * 9 Mei 1943, † 7 Mei 2014) was 'n Britse planetêre wetenskaplike. Hy het as 'n professor by die Open University in Milton Keynes gewerk. Hy was die hoof ondersoeker vir die mislukte Britse Beagle 2 Mars Lander-projek en het ook aan 'n groep meteoriete vanaf Mars gewerk.
Colin Pillinger | |
Colin Pillinger in Julie 2009
| |
Gebore | 9 Mei 1943 Kingswood, Gloucestershire, Engeland, Verenigde Koninkryk |
---|---|
Oorlede | 7 Mei 2014 (op 70) Cambridge, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Planetêre wetenskap |
Instelling(s) | Open University Universiteit van Cambridge |
Alma mater | Universiteit van Swansea |
Bekend vir | mislukte Beagle 2 Mars Lander-projek Ontleding van Apollo maan monsters |
Pillinger is op 9 Mei 1943 in Kingswood in South Gloucestershire gebore. Hy was met Judith Mary Hunter getroud. Op 7 Mei 2014 is hy op 70-jarige ouderdom in Cambridge aan breinbloeding oorlede.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Colin Pillinger dies after brain haemorrhage" (in Engels). BBC. 8 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2019. Besoek op 8 Mei 2014.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste Geargiveer 9 Mei 2014 op Wayback Machine
- Colin Pillinger in die Internet-rolprentdatabasis