Combretum stylesii
Plantspesie
Die valleiboswilg (Combretum stylesii) is 'n struik of klein boompie wat aan die familie Combretaceae behoort. Die plant is endemies aan KwaZulu-Natal en kom in die Tugelavallei voor in 'n 10 km lange gordel. Die spesie word bedreig omrede dit deur die plaaslike bevolking as brandhout verbruik word.
Valleiboswilg | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Myrtales |
Familie: | Combretaceae |
Genus: | Combretum |
Spesie: | C. stylesii
|
Binomiale naam | |
Combretum stylesii O.Maurin, Jordaan & A.E.van Wyk, 2011
|
Die boom se FSA-nommer is 545.5.[1]