Wildemango
plantspesie
(Aangestuur vanaf Cordyla africana)
Die wildemango (Cordyla africana) is 'n groot bladwisselende spreiende boom. Die boom kom voor vanaf die noorde van KwaZulu-Natal tot in Mosambiek en noord en wes langs die Zambezivallei. Dit is ook inheems in Eswatini, Kenia, Malawi, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.[1]
Wildemango | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Cordyla |
Spesie: | C. africana
|
Binomiale naam | |
Cordyla africana Lour., (1790)
| |
Verspreidings-kaart |
Dit verkies om in bosveld, sandwoud en op rivieroewers te groei. Die eetbare vrugte is vlesig en 40 – 80 mm lank met 'n enkele blink swart saad in geelbruin vrugvleis.
Die boom se FSA-nommer is 216.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:487136-1
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 90. ISBN 978-1-77007-759-1.
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wildemango.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Wildemango